Hoe vertel jy vir haar hoe lief jy haar het,
hoe weet hy om jou fladderende hart te red?
Jy wil jou liefde in lirieke langsaam deel,
want gewone woorde gaan hul net verveel.
Maar woorde struikel lomp uit jou mond,
die gevaarlike gevolg is dalk dodelik ongesond.
Ek weet egter waar jy haastig hulp kan kry,
wie van agter die skerm jou na hom help vry.
Skermdigter is die naam waarmee hy gaan,
met treffende gedigte sal jy blink uitstaan,
terwyl hy buite sig agter die skerm skuil,
pronk jy met gedigte wat haar laat pruil.
Hy dig dierbaar vir beide hom en haar
en terwyl hy vir jou baie moeite spaar,
deel jy ‘n innemend intiem persoonlike gedig
wat hom of haar laat weet dis op hul gerig.
Wat is Die Skermdigter?
Hierdie naam is afgelei van die
Engelse woord Ghost Writer. Die
Skermdigter dig persoonlike gedigte
namens u oor enige onderwerp vir
enigiemand, dus nie net die liefde
nie. Dit is beskikbaar op skrif, in kort
skyfievertoning videos met fotos wat
u verskaf, of op ‘n klankbaan
voorgedra. Ek verkry inligting van u
oor uself, u geliefde, u verhouding
en die rede vir en omstandighede
rondom die gedig wat u verlang.
Daarop baseer ek ‘n baie persoonlike
gedig vir u.
Die webwerf word tans opdateer. Vir
meer inligting oor hoe die
Skermdigter proses werk sodat ons
vir u 'n persoonlike gedig kan
voorberei, doen gerus navraag by
WhatsApp by 074 719 3677. Ons
sal volledige inligting aan u stuur.
Groete
Henry Luyt